Afrikanervolk verdwyn onder multikulturele invloed

HOEKOM VERDWYN TALE EN VOLKE?
Hannes Engelbrecht
Op 28 September verlede jaar het ek dit durf waag om te se dat Afrikaners slegs vyf jaar oor het om selfbeskikking as beginsel te vestig, daarna sal dit weens die lae geboortesyfer, moordsyfer en emigrasiesyfer onmoontlik wees omdat ons getalle dit dalk nie kan regverdig nie. Behalwe vir The Citizen en Dr Frans Cronje het die nuusmedia in Suid Afrika dit geignoreer. In die buiteland is dit egter opgeneem in die BBC, die Independent, Atlanta, Business Tech en ‘n aantal Asiatiese publikasies, want hulle het presies geweet waarvan ek praat.
Dit is nou tyd om te praat oor minderhede wat verdwyn binne multikulturele state, sodat mense kan weet dat dit ‘n realiteit is van die monster wat liberales skep binne multikulturele samelewings. Rhodesie en die Portugese bevolkings van Mosambiek en Angola is geykte voorbeelde, daarom kan ons eerder kyk na andere:
* Die minderheid Hindoes in Bangladesh is in dieselfde bootjie as die Afrikaner. Byna daagliks onder aanval van die liberale linksgesindes en aktiviste van Jamaat-e-Islami en hul studente-organisasie, is die minderheid sedert November 2013 in Patgram en omstreke onder geweldige druk. Net soos in Suid Afrika word Hindoes se huise en winkels geplunder en aan die brand gesteek by die geringste geleentheid. Een miljoen Hindoes het reeds Bangladesh verlaat. Dit is opvallend dat ook Bangladesh geen betroubare sensussyfers oor Hindoes kan verskaf nie – dieselfde as hier waar die sensussyfers vir wittes ‘n “geskatte syfer” is volgens die SA Statistiekdiens. Dit is verder ook opvallend dat dieselfde onderhandelaar van die VSA wat in Suid Afrika betrokke was, Henry Kissinger, ook betrokke was by die Hindoes in Bangladesh.
* In Bulgarye het die land se President Georgi Parvanov in 2006 ‘n noodberaad uitgeroep omdat etniese Bulgare binne hulle eie land weens ‘n dalende geboortesyfer en emigrasiesyfers ‘n minderheid teenoor Turkse insypelaars en Roemene begin word het. Nes met die Afrikaners het Bulgare afgeneem met sowat 910 000 as gevolg van dieselfde drie faktore – ‘n afname in die geboortesyfer, toename in sterftes weens moorde, en ‘n groot emigrasiesyfer van sowat 700 000 (teenoor SA se 400 000).

Waarom is die Hindoes van Bangladesh en die Bulgare vir ons belangrik? Dis belangrik, want hierdie twee volke versinnebeelde die liberale leuen wat dekades lank aan wittes in Suid Afrika opgedis is en wat vandag nog steeds klakkeloos nagepraat word: “Ons is te veel, dit sal nooit hier gebeur nie. Jy kan nie 4,5m mense net so laat verdwyn nie.” Die nare werklikheid is, JA dit gaan gebeur. Beide die Hindoes en die Bulgare was dubbeld ons bevolkingsyfers. Kom ons wees dan ook maar brutaal eerlik oor emigrasie: ‘n emigrant na Australie of Europa beteken vir jou absoluut niks as hy of sy nie fisies teenwoordig is nie, behalwe miskien om vir ‘n paar jare lank bewusmaking te skep in sy of haar nuwe land. ‘n Generasie/geslag word gereken as 30 jaar. Binne dertig jaar sal die kinders en kleinkinders van ‘n emigrant geen taal-, kulturele of emosionele bande meer met die Afrikaner he nie. Dis ‘n feit. Dit hoef nie beredeneer te word nie.
Kom ons wees brutaal eerlik oor ‘n tweede kwessie: die houding van “Ek sal hier bly tot die laaste. Hulle sal ons nooit onderkry nie!” Ek is seker die dapper Viking-vegters, die dapperste van die dapperes, wat in 985nC deur Eric die Rooie met 25 skepe die gebied Groenland geannekseer het, het dieselfde vol bravade uitgeroep. Teen 1400nC was daar van hul landerye, veestapels en steengeboue amper niks oor nie. Teen 1721 kon nie een enkele Viking meer opgespoor word nie, want hulle is verswelg deur ander volkere.


Meeste mense weet van die Rooi Indiane van die VSA en Kanada. In die vergetelheid is die Anasazi wat gedurende die 12de en 13de eeu steengeboue in die VSA opgebou het wat groter was as enigiets wat die Amerikaners tot 1880 kon bou. Stamgevegte, kannibalisme, volksmoord op minderhede het gelei tot grootskaalse emigrasie na die suide, waar daar darem nog hier en daar DNA opgespoor kan word in die klein Hopi en Zuni volkere.
Ons kan so domastrant wees as wat ons wil en skree oor Afrikaans en Boererepublieke, die feit is dat ons oorgeneem is deur die Afrikaan, met ‘n onbeteuelde aanwas en onbeteuelde immigrasie uit die res van Afrika; net soos Rome ook tot ‘n val gekom het deur die Germaanse stamme (waarvan ons voorouers toevallig deel was).
Sedert 1994 het die mense wat ‘n mandaat gehad het om selfbeskikking te vestig as ‘n oorlewingsmeganisme vir die Afrikaner as ‘n etniese groep en ondersteuners uit ‘n Europese agtergrond, hulle plig versuim. Kom ons wees weer brutaal eerlik: is die woord en begrip “selfbeskikking” een enkele keer in Suid Afrika se Parlement genoem gedurende die afgelope tien jaar? Nee, inteendeel; die voormalige leier van die VF het eerder ‘n adjunk-ministerspos onder Zuma aanvaar en die Volkstaatraad is oneervol ontbind.


Steeds kry ons geklikhede soos die afgelope week weer gebeur het waar ‘n klein groepie Afrikaners en wittes hulle agter ‘n sogenaamde Khoi-koning skaar om net ‘n volgende multikulturele staat na te jaag. Steeds kry ons die dapper muise in kamoefleeruniforms wat arrogant verklaar “Ons sal die land skoon skiet!”, wel wetende dat daar meer as 1000 skote geskiet is vir elke een ongeval gedurende die Bosoorlog. Steeds kry jy die teoretici wat met selfone en rekenaarskerms klein bekgeveggies voer.
Die verkiesing van 2019 is moontlik die laaste kans om ‘n mandaat vir selfbeskikking te gee volgens die vereistes van die internasionale reg. Dit help nie om te redeneer “daar moet ‘n boom wees” as die leeu jou jaag nie… as die boom nie gegroei het nie, is jy leeukos. Die boom is geplant, dit word water gegee volgens die bepalings van die Verenigde Nasies en Internasionale Hof se voorskrifte.
Nie ek, of enige van Front Nasionaal se dagbestuurslede of hoofbestuurslede, gaan die Afrikaner red nie – net ‘n mandaat vir Front Nasionaal tydens 2019 se verkiesing kan dit doen. Ons spandeer ure, dae, maande om nuwe huisplanne op te trek, maar iemand moet daardie huis gaan bou in 2019 anders laat ons net pragtige Viking en Mayan fondamente na.

One thought on “Afrikanervolk verdwyn onder multikulturele invloed”

  1. Absoluut korrek, Hannes Engelbrecht en FN. As ons nie ons externe selfbeskikking binnekort herwin nie sal ons volk onbetwistelik tot niet gaan, dis ‘n gegewe. Dis nou of nooit. Ek herhaal graag Dr. Verwoerd se geskiedkundige toespraak in Engels. Time to look at the option of external self-determination i.e. self rule. That very option is long overdue. What South-Africa is experiencing since the early 1990’s is nothing less than a bloody, albeit silent genocide. What ever more worrisome is, is South Africa’s white population is subjected to a national suicide, the worst of it’s kind in all the world. ACCORDING TO DR. FRANS CRONJÉ (CEO SAIRR) THERE COULD BE NO SOUTH AFRICAN WHITE POPULATION LEFT BY 2040:
    Interesting how accurate Dr. Verwoerd’s prediction was, I quote: “In a multi-racial society where power must eventually be transferred into the hands of the numerically stronger Bantu, not only the White, but also the Coloured and Indian will go under. Over time even the Bantu masses will not benefit because on the strength of what has happened elsewhere in Africa, it must be taken into consideration that South Africa will develop into an autocracy or dictatorship. On account of their lack of ability to manage a complicated administration, the country will moreover administratively and economically be destroyed and for everyone – White and Coloured – end in chaos” – Dr. H.F. Verwoerd.
    SOURCE: Hendrik French Verwoerd South Africa’s Greatest Prime Minister page 4. Author: Stephen Mitford Goodson. Follow the link provided, read and share; shocking how whites have become a threatened species in South Africa : http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?30099-Die-nuwe-Suid-Afrika-op-die-rand-van-totale-ekonomiese-ineenstorting&p=449892#post449892