Volks Geskiedenis

Volks geskiedenis

  • Laurens van der Post – Afrikaner kulkuns in die Britse monargie

    No Comments
    GESKIEDENIS: LAURENS VAN DER POST Dalene Nelson LAURENS JAN VAN DER POST, gebore op 13 Desember 1906 in Phillipolis in die Vrystaat, was ‘n enigma – ‘n Afrikaner wat ‘n onnatuurlike invloed binne die Britse koningshuis gehad het; ‘n kenner van die Boesman/Khoi wat as ‘n leek ontbloot is; ‘n oorlogsveteraan wat blatant gelieg het … Continue reading "Laurens van der Post – Afrikaner kulkuns in die Britse monargie"... »
  • Jackie Moggridge en Pat Pattle, die vlieende Springbokke

    No Comments
    GESKIEDENIS: JACKIE MOGGRIDGE & PAT PATTLE Dalene Nelson Terwyl daar in Unie van Suid Afrika erg baklei is tussen Nat en Sap oor die land se toestrede tot die Tweede Wereldoorlog, het ‘n jong meisie haar naam in die geskiedenisannale gevestig met uitsonderlike prestasies in die oorlogsone. Veral haar optrede in die Battle of Britain … Continue reading "Jackie Moggridge en Pat Pattle, die vlieende Springbokke"... »
  • Swart Desember se haai-aanvalle in 1957

    No Comments
    GESKIEDENIS: SWART DESEMBER EN DIE DOLFYNE Dalene Nelson “Swart Desember” in Suid Afrika se geskiedenis verwys na die tydperk 18 Desember 1957 tot 15 April 1958 toe nege haai-aanvalle langs die Natalse Suidkus aangemeld is. Die aanvalle is, volgens ‘n kommissie van ondersoek, veroorsaak deur veral drie gebeure: Japanese walvisskepe in die gebied, vloede wat … Continue reading "Swart Desember se haai-aanvalle in 1957"... »
  • Sylvia Raphael – die briljante Mossad agent

    No Comments
    GESKIEDENIS: SYLVIA RAPHAEL Dalene Nelson Die samewerking teen kommunisme tussen Suid Afrika en Israel gedurende die sestigs en sewentigs is ou nuus, nes die omseiling van sanksies en die ontwikkeling van atoomwapens. Een van die sleutelfigure van destyds is die onderwyseres van Pretoria, Sylvia Raphael. SYLVIA RAPHAEL is gebore op 1 April 1937 naby Kaapstad, … Continue reading "Sylvia Raphael – die briljante Mossad agent"... »
  • De Lima en Boniface oor taal en vryheid

    No Comments
    FRANSMAN EN PORTUGEES BAKLEI OOR AFRIKAANS Hannes Engelbrecht ‘n Paar kort anekdotes uit Elizabeth Conradie se boek oor die wordingsgeskiedenis van Afrikaans in 1934 het my op die spoor gesit van ‘n onverkwiklike rusie tussen ‘n Farnse en Portugese skrywer oor Afrikaans en die vryheidstrewe van Afrikaners. In die een hoek is CHARLES ETIENNE BONIFACE, … Continue reading "De Lima en Boniface oor taal en vryheid"... »
  • Die mense van die Ossewa Brandwag

    No Comments
    Dalene Nelson Op 4 Februarie 1939 het ‘n aantal Afrikaners wat gekant was teen die Britse imperialisme in die pastorie van die Tweetoringkerk in Bloemfontein byeengekom en die Ossewa Brandwag gestig onder leiding van Kolonel JCC Laas. Die OB het gevloei uit die golf van nasionalisme na die herdenking van die Groot Trek wat gedurende … Continue reading "Die mense van die Ossewa Brandwag"... »
  • Tryn Ras (Catharina Ustings) tem Afrika

    No Comments
    GESKIEDENIS: TRYN RAS tem AFRIKA Dalene Nelson CATHARINA USTINGS is in 1641 in Lubeech, Duitsland en arriveer op 25 Julie 1662 aan boord die Hof van Zeeland in die Kaap vermom as ‘n man – slegs tien jaar na Van Riebeeck se volksplanting. Binne ‘n maand, op 19 Augustus 1662 gee sy gebooie op by … Continue reading "Tryn Ras (Catharina Ustings) tem Afrika"... »
  • Swart Souf van Gansbaai

    No Comments
    GESKIEDENIS: SWART SOUF VAN GANSBAAI Dalene Nelson Probleme in die werkplek word gewoonlik deur Arbeidswetgewing gereel met mondelinge en skriftelike waarskuwings waarna interne verhore plaasvind. Die Kaapkolonie van die 1800’s het egter ‘n unieke grieweprosedure gehad by dreigende stakings. Die storie van Dyer Eiland, 8,5km vanaf die kus by Gansbaai, begin in 1806 toe Sampson … Continue reading "Swart Souf van Gansbaai"... »
  • Die Rosenkowitz sesling

    No Comments
    Dalene Nelson Min dinge het die verbeelding van Suid Afrika en die wereld so aangegryp as die geboorte van die eerste lewende sesling op 11 Januarie 1974. Vrugbaarheidsbehandeling was in sy kinderskoene. Susan (Wilson) Rosenkowitz, ‘n klereontwerper, het flou geword toe haar ginekoloog aankondig dat sy ‘n sesling verwag. Die pa, Colin Rosenkowitz, is in … Continue reading "Die Rosenkowitz sesling"... »
  • Ursula van der Poel se moord

    No Comments
    GESKIEDENIS: URSULA LAAT BELANGRIKES SKARREL Dalene Nelson Ursula Jeanette van der Poel is op 21 April 1941 as die oudste van vyf dogters en ‘n seun gebore. Sy gaan skool by ‘n meisieskool in Seepunt, Kaapstad tot op die ouderdom van 13 waarna sy in ‘n Ierse wassery en ook by die Van Riebeeck Teater … Continue reading "Ursula van der Poel se moord"... »
  • Die vegtende Toweels

    No Comments
    GESKIEDENIS: DIE VEGTENDE TOWEELS Dalene Nelson Nooit in die geskiedenis van professionele boks (of enige sport) het een familie so ‘n groot impak gemaak as Suid Afrika se “Vegtende Toweels” nie. Vanuit ‘n sinkstoor in Balfourlaan 12, Benoni het die een Toweel na die ander ‘n legende geword. Madison Square Garden, Olimpiese Speles, wereldtitels, altesaam … Continue reading "Die vegtende Toweels"... »
  • Die moord op Irene Kanthack

    No Comments
    GESKIEDENIS: ONOPGELOSTE MOORDE – Irene Kanthack Dalene Nelson IRENE FRANCES KANTHACK, die dogter van ‘n ingenieur en voormalige Direkteur van Besproeiing, studeer beeldende kuns aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gedurende 1927. Na klas op 24 November 1927 gaan sy om ongeveer 16:30 huis toe by Oxfordstraat 34 in Saxonwold. Sy en haar ma … Continue reading "Die moord op Irene Kanthack"... »
  • Skoonheidskoninginne Penny Rey Coelen en Anneline Kriel

    No Comments
    GESKIEDENIS: PENNY REY COELEN & ANNELINE KRIEL Dalene Nelson Dit is die jaar 1958. Hans Strijdom is Suid Afrika se Eerste Minister en dit is drie jaar voor Republiekwording. In die Mej Wereld kompetisie is 22 finaliste uit Europa, Amerika, Asie en Afrika. Suid Afrika se verteenwoordiger is die borrelende Penny Coelen. Gebore in Durban … Continue reading "Skoonheidskoninginne Penny Rey Coelen en Anneline Kriel"... »
  • Sluipmoorde op Simon Kuper en Johann Heyns

    No Comments
    GESKIEDENIS: REGTER SIMON KUPER & DOKTOR JOHAN HEYNS Dalene Nelson Die onopgeloste sluipmoord op die Smit-egpaar van Springs lei steeds tot hewige spekulasie en allerhande teoriee. Twee ander onopgeloste sluipmoorde op prominente persone vergaar egter ook stof in polisiedossiere iewers. REGTER SIMON MEYER KUPER van Lower Houghton in Johannesburg is die aand van 8 Maart … Continue reading "Sluipmoorde op Simon Kuper en Johann Heyns"... »
  • Apartheid en die studente-uitruilskema

    No Comments
    GESKIEDENIS: OPERATION DAISY Dalene Nelson Dit is die jaar 1976 en die stryd tussen Suid Afrika en die anti-Apartheidsbewegings is op sy hoogtepunt’ In Gaberone, Botswana ontmoet die anti-apartheidsaktivis van Wits Universiteit en bestuurslid van Nusas (National Union of SA Students), Craig Williamson vir Lars Gunnar Eriksson, die hoof van die Internasionale Universiteitsuitruilskema (IUEF). LARS … Continue reading "Apartheid en die studente-uitruilskema"... »
  • Oliver die Spioen in Suid Afrika

    No Comments
    GESKIEDENIS: OLIVER DIE SPIOEN Dalene Nelson Die 1820 Britse Setlaars maak ‘n integrale deel van ons geskiedenis uit. Die emigrasie van honderde setlaars na Suid Afrika het egter aan die Britse owerheid die geleentheid gebied om van een van hulle grootste verleenthede ontslae te raak: William Oliver, ook bekend as Oliver the Spy. William J. … Continue reading "Oliver die Spioen in Suid Afrika"... »
  • Vera Thomas van Houtbaai en die windpomp

    No Comments
    GESKIEDENIS: VERA THOMAS EN DIE WINDPOMP Dalene Nelson Vera Thomas is in 1899 gebore en tree in 1929 in die huwelik met David Gwilym Thomas, ‘n assistent-natuurbewaarder wat in Sierra Leone gestasioneer was. Die egpaar vestig in Houtbaai, waar hulle die gewilde Bishopsford Tea Lounge vestig. Vir toeriste is die Bishopsford ‘n gereelde stilhouplek. Terwyl … Continue reading "Vera Thomas van Houtbaai en die windpomp"... »
  • Kersfees in Suid Afrika

    No Comments
    KERSFEES IN ONS GESKIEDENIS Hannes Engelbrecht Dit is interessant dat Kersfees, sowel as godsdienstige en huishoudelike vierdag, geen rol in die Afrikaner/Boer se geskiedenis gespeel het sedert 1652 nie. Dit het eers in die laat negentiende eeu onder Britse en veral Duitse invloed inslag begin vind – en hoofsaaklik as ‘n godsdienstige viering. Kersdag was … Continue reading "Kersfees in Suid Afrika"... »
  • Dewetsdorp se stadsklerk

    No Comments
    GESKIEDENIS: DEWETSDORP SE STADSKLERK Dalene Nelson In 1921 word Huibrecht Jacob de Leeuw (26) aangestel as stadsklerk van die Vrystaatse dorpie Dewetsdorp. Dit is ‘n groot pos vir so ‘n jong man met ‘n jaarlikse salaris van 300 pond. Nie lank daarna nie trou hy met ‘n boerdogter van die omgewing. Teen 1927 begin die … Continue reading "Dewetsdorp se stadsklerk"... »
  • John Household – die eerste man om te vlieg?

    No Comments
    GESKIEDENIS: JOHN GOODMAN HOUSEHOLD Dalene Nelson Volgens die geskiedenisboeke het Otto Lilienthal van Duitsland die eerste suksesvolle sweeftuig gebou en het hy sy nek gebreek toe hy op 9 Augustus 1896 met die tuig neergestort het. Op 17 Desember 1903 het Orville en Wilbur Wright toe die eerste enjinaangedrewe vliegtuig 852 voet ver in 59 … Continue reading "John Household – die eerste man om te vlieg?"... »