Hare waai tussen Zuma en Ramaphosa

‘ALLE HEL GAAN LOSBREEK’: ZUMA
Hannes Engelbrecht
Die Afrika spreekwoord lui: “Waar die olifante baklei, groei die gras nooit weer nie”. Dit blyk nou dat die Zuma/Ramaphosa-geveg veel erger is as wat Suid Afrikaners gedink het. Die oud-intelligensiehoof van Umkhonto we Sizwe en terroristebaas in Mosambiek en Zambie het nog lank nie gaan le teen Ramaphosa nie; trouens, Cyril Ramaphosa behoort vandag ‘n baie bekommerde man te wees.
Tobeka Madiba-Zuma, een van Zuma se vroue, was duidelik op die oorlogspad op haar Twitter-rekening. “My crush, Nxamalala, Msholozi, Maphumephethe, Inkunzi, Emidiwayidwa, Zinyane likaMnyakanya. Kusazoshuba ungalwi nomuntu engalwi nawe #southafrica #biggerthanmattersofthestomach.”
Na hierdie staminleiding om Zuma in Zoeloe te prys volgens sy stamtradisie gaan sy verder voort in Zoeloe: “Umsholozi het nie by die ANC aangesluit in 1991, van die skip gespring of gewoeker tussen die ‘struggle’ en selfverryking nie. Hy het die huis verlaat as kind om te veg teen Apartheid. Hy was bereid om die hoogste prys te betaal. Hy sal klaarmaak wat hy begin het, want hy neem nie opdragte van oorkant die Atlantiese Oseaan nie”.
Dit is ‘n duidelike verwysing na Ramaphosa wat vakbondbaas was voordat hy eers in 1991 by die ANC ingeval en daarna ontsaglik ryk geword het deur middel van Swart Ekonomiese Bemagtiging.
Sy waarsku ook: “Moenie ‘n geveg begin met iemand wat nie met jou begin veg het nie”.
Gister is die ANC se uitvoerende komitee van ses inderhaas na Luthuli-huis ontbied na ‘n ontmoeting tussen Zuma en Ramaphosa. Zuma sou vandag optree by die Kaapstad Konvensiesentrum, maar is in Swaziland opgemerk.
Dit word nou duidelik dat Zuma nie so sito-sito die handdoek gaan ingooi teen Ramaphosa as wat die opposisiepartye en die media verkondig nie. Vir die Venda Ramaphosa sal dit goed wees om homself te vergewis van die kultuur van Zoeloe as die stamverband eers opgeroep word.