Jackie Moggridge en Pat Pattle, die vlieende Springbokke

GESKIEDENIS: JACKIE MOGGRIDGE & PAT PATTLE
Dalene Nelson
Terwyl daar in Unie van Suid Afrika erg baklei is tussen Nat en Sap oor die land se toestrede tot die Tweede Wereldoorlog, het ‘n jong meisie haar naam in die geskiedenisannale gevestig met uitsonderlike prestasies in die oorlogsone.
Veral haar optrede in die Battle of Britain het gesorg dat Dolores Theresa (Jackie) Sorour (later Moggridge) een van net vyf vroue is wat haar vlerke verdien het tydens die oorlog. Dat sy net 18 jaar oud was toe sy as loods aanmeld by die ATA Hatfield op 29 Januarie 1940 maak haar prestasie soveel te meer merkwaardig.
Aanvanklik is Jackie getaak om nuwe en herstelde vliegtuie na die front te vlieg, medisyne, voedsel en passasiers te vervoer. Jackie het meer vegvliegtuie as enige ander ATA-loods afgelewer – 1500 (200 meer as enige ander loods) van 83 verskillende fabrikante en modelle.
Op 4 Januarie 1941 terwyl sy ‘n Oxford Merk I vlieg na Kidlington in Oxfordshire as vervangingstuig vir 1ste offisier Amy Johnson van Blackpool steek ‘n swaar weer op. Johnson spring volgens regulasies met ‘n valskerm uit en verdrink in die Thamesrivier. Jackie duik laag oor die Bristol kanaal, red haarself en die vliegtuig en word oor die kole gehaal omdat sy nie regulasies gevolg het nie.
Haar volgende noue ontkoming is toe sy as loods van ‘n Tempest ‘n V1 lugbom (bekend as ‘n ‘doodlebug’) buite werking stel deur dit met haar vlerk om te keer en so die doodlebug se gyro buite werking te stel.
Alles en alles het Jackie met die Spitfires, Lancasters en ander vliegtuie meer as 4000 vliegure voltooi oor Europa, Egipte en die Middelooste.
Haar dogters het later gese: “Jackie was soos twee mense in een. Kunssinnig, romanties, vergeetagtig en ongeorganiseerd. Maar wanneer sy in ‘n vliegtuig klim was sy gefokus, gladnie soos ons ma nie”.
Jackie is in 2004 oorlede op die ouderdom van 81 en die familie het volgens haar wens haar as uit ‘n Grace Spitfire ML407 laat strooi.
* Marmaduke Thomas St John Pattle, DFC & Bar is gebore op 3 Julie 1914 in Butterworth in die Oos Kaap. Die Suid Afrikaner was bekend onder medevlieeniers as Pat Pattle. Pat het vroeg as vegvlieenier in die Tweede Wereldoorlog reeds sy “Ace”-status verwerf (‘n loods wat vyf of meer vyandelike vliegtuie neerskiet).
Wat nie bekend is nie, is dat Pat Pattle die mees suksesvolle van alle Statebond-vergvlieniers in die oorlog was met vermoedelik 51 slagoffers. Sy eerste vier neerskietings het in November 1941 teen die Italiaanse Lugmag in Egipte gekom in November 1940, maar hyself is ook daar neergeskiet en het oorleef. Hierna het hy oor Griekeland geopereer waar hy sowat 20 vyandelike vliegtuie afgeskiet het voordat hy in April 1941 direk in Duitsland teen die Messerschmidts begin het (sien foto van een van sy Messerschmidt slagoffers). In net veertien dae skiet hy nommers 25 – 50 neer (onder andere ‘n “hondegeveg op 19 April 1941 toe hy ses Messerschimdts afgeskiet het).
Net die volgende dag, 20 April 1941, veg hy teen instruksies in teen ‘n groot oormag Messerschmidt BF110’s naby Athene in Griekeland en word afgeskiet. Hy oorleef dit nie hierdie keer nie en sy vliegtuig stort in die see.
Pat het Gloster Gladiators en Hawker Hurricanes gevleig tyds sy loopbaan as vegvlieenier. pat Pattle se medaljes word uitgestal in die Ditsong Museum van Militere Geskiedenis in Johannesburg. In die Smithsonian Lug- en Ruimte Museum in Washington, VSA word hy aangedui as die top Statebond vegvlieenier met net die 40 neerskietings wat in sy logboek aangeteken was – gelyk met die Amerikaner Richard Bong, alhoewel hulle toegee dat Pat se minstens 11 ander oorwinnings hoogs waarskynlik was.
* Ons moet onthou dat hierdie geskiedenis grootliks verlore gegaan het weens die politieke spanning tussen die Natte en Sappe oor deelname aan die oorlog. Na die 1948 oorwinning van die Nasionale Party by die stembus is dit nie juis gepropageer nie. Feit is egter dat dit wel Suid Afrikaners as enkelinge was wat ‘n groot impak gemaak het tydens die Oorlog al het hulle nie noodwendig die politieke sienswyse van Smuts ondersteun nie.