Selfbeskikking en beeldende kuns

SELFBESKIKKING en BEELDENDE KUNS
Hannes Engelbrecht
Diegene wat ons reeks volg oor kultuurverskille tussen die Afrikaner en die Afrikaan weet seker reeds dat die multikulturele droom van Suid Afrika ‘n mislukking was. Van die boustene van ‘n kultuur is beeldende en uitvoerende kunste. Hoe daar hieraan uiting gegee word vat aan die siel en skeppingsdrang van ‘n beskawing en is deel van ‘n mens se DNA.
Die kunstegeskiedenis het lankal die onderskeid getref wat “Afrika kuns” betref dat dit nie gemeet moet word aan die eeue-oue Egiptiese kunswerke nie, maar aan sub-Sahara (suid van die Sahara woestyn). Hiervan is heelwat te vind in Nigerie en veral van die Nok wat dateer uit 500vC. Hierdie “kunswerke” is egter eerder artefakte soos beeldjies gekerf uit hout en klei, houtmaskers asook tekstielwerke.
Een Franse kunskenner het ‘n gefladder veroorsaak ‘n aantal jare gelede met haar opmerking dat “enigeen wat Boesmantekeninge as kuns bestempel, moet sy kop laat lees.” Haar argument dat Boesmantekeninge, nes die houtmaskers, gekoppel was aan ‘n mistieke ritueel wat niks met kuns te doen het nie.
Houtmaskers van Afrika het byvoorbeeld niks met maskerades of iets soos Halloween te doen nie, maar as afbeeldings van die voorouers (ancestors).
Vir hierdie tydperk sedert 500vC was die twee style dus onversoenbaar: in die ontwikkelde wereld vanaf die Rennaisance tot die negentiende eeu in klassieke realisme met kunstenaars soos Michelangelo, Da Vinci en andere en in Afrika suid van die Sahara in onreelmatige en verwronge beelde met geen teken van perspektief nie, veral uit die Sokoto gebied in Nigerie. naby Lydenburg in Suid Afrika is sewe van hierdie beelde ontdek.
Terwyl die Europese (en Chinese, Japanese, Egiptiese) kuns deur die eeue ‘n ontwikkeling sien plaasvind in verskeie style, bly die Afrika “kuns” tot aan die einde van die twintigste eeu grootliks onveranderd.
In die 12de en 13de eeu is daar wel brons- en kopermaskers gemaak deur die Yoruba wat ‘n redelike realisme toon en dit is voortgesit in Benin. Ironies genoeg word die Benin maskers gekoppel aan die koper en brons van gestrande Portugese skepe asook aan ruilhandel (In 1505 tot 1507 het Portugal byvoorbeeld 12 750 bronsarmbande in Benin geruil).
Wat houtbeelde betref is daar ook min van die artistieke. Stamkerwers het as spanne gewerk wat die kerfwerk gedoen het vir voorvaderrituele. Vir die westerling (lees Europeer) was die menslike liggaam altyd die model. Die Afrikakuns het wel sommige westerlinge beinvloed tot die kubisme waar oog, neus, mond op die snaakste plekke verskyn. Picasso is ‘n voorbeeld van iemand wat hierdeur beinvloed was. Die nadeel hiervan was dat emosie deur kuns verlore gaan omdat dit in ‘n verwronge beeltenis moeilik is om te onderskei tussen lag, huil, hartseer. Die Mona Lisa sou byvoorbeeld nooit in tipiese Afrika kuns geskep kon word nie.
Kunskenners het dus lankal besluit om “Afrika kuns” te beskou vanuit ‘n sosiale hoek en nie vanuit ‘n estetiese hoek of styl nie. Waar daar in Afrika standbeelde of skilderye van leiers of konings verskyn dateer dit uit die koloniale tyd of eers uit die laat twintigste eeu. vanselfsprekend moet ‘n mens dan vra: watter estetiese waarde het Rhodes of Paul Kruger se standbeeld in Suid Afrika vir die Afrikaan? Maak dit vir hom saak om ‘n biblioteek of historiese gebou af te brand?
As die Afrika kuns gesetel is in die mistieke voorouer en basiese dierefigure sonder veel detail en die westerse in die menslike liggaam en godsdiens is die kultuurverskille duidelik. verskillende kunswerke spreek dus verskillend tot verskillende kulture. Net soos ek nie maklik opgewonde raak oor ‘n Boesmantekening nie (behalwe as kuriositeit), net so sal die Afrikaan seker nie in vervoering raak oor Rembrandt nie.
Liberales wat graag Afrika kuns wil bevorder wys op die versiering van die Afrikaan se liggaam met ornamente, verrekte oorbelle, neusringe, koper nekringe, selfs houtskywe in onderlippe. Hiermee versterk hulle juis die kultuurverskille, want dit is geen kuns nie, maar artefakte sonder enige westerse estetiese waarde. Dit is iets wat die ou Portugese seevaarders en Jan van Riebeeck al vierhonderd jaar gelede verstaan het – dat jy beeste kan ruil vir blink goetertjies.
Malema, Zuma en hulle bloeiende hart-saampraters wys daarop dat die geskiedenis “geskryf en gedokumenteer is deur westerlinge” en dat die Afrikaan se geskiedenis dus “afgeskeep” is. Dit is waar. Beeldende en uitvoerende kuns, sowel as skryfwerk, is deur die eeue in byna alle samelewings gebruik om konings, staatsmanne, geskiedkundige gebeurtenisse en emosies uit te beeld – behalwe in Afrika. Die blote argument van sulke mense is ‘n erkentenis van onversoenbare kultuurverskille.
Vir my as westerling, Afrikaner, is dit oulik om kleurvolle kostuums en mooi houtbeeldjies te bekyk en ek mag dalk ‘n paar as kuriositeite iewers op ‘n rak in my huis sit, maar dit sal nooit tot my spreek soos ‘n Anton van Wouw, Maggie Loubscher, Pierneef of die Kalfiewals nie. As ons iets oor Tryn Ras van 1664 opdiep uit die argiewe, is daar waarskynlik iewers ‘n skildery van haar.
Die sangoma se masker en dolossies, gekoppel aan “heksery” en die mistieke en die mooi tiervel uitrusting is indrukwekkend by ‘n rugbywedstryd, maar dit hou vir my geen bekoring in anders as ‘n spektakel nie. Dan het ek nog nie eers geraak aan die dieper betekenis daarvan met voorouers, tokkelossies en allerhande beswyminge nie.
Elke otjie het sy eie potjie. My Afrikanerpotjie is nie beter as jou Afrika-potjie nie, maar ek verkies my eie Afrikanerpotjie. En daarom sal die mislukte multikulturele stelsel in Suid Afrika nooit werk nie en werk ek deur Front Nasionaal om selfbeskikking en onafhanklikheid te bekom. Net dit wat deur en tot my hart spreek sal my ophef na selfverwesenliking. Want dit is waaroor die hele lewe gaan.