Selfhaat van die negrofiel

‘N TOESTAND SONDER NAAM
Hannes Engelbrecht
Is dit moontlik dat daar in die jaar 2018 ‘n geestestoestand is wat al beskryf word van vroegste tye af, maar daar is steeds geen term om die toestand te beskryf nie? “Internalized racism”, Gulliverism, anti-xenofobie, “self-loathing”… elke skrywer moet opnuut sy of haar eie term skep.
In populere taal weet ons van Amerikaanse “coconut”, “pocho”; in Suid Afrika van “play for white” en gholfbal, negrofiel en die plat en kru Afrikaanse “k*fferboetie”.
Die dilemma is dat die toestand eers omskryf is, en so deeglik omskryf is, dat daar toe nie ‘n term wyd genoeg is om die toestand te omskryf nie. Die omskrywing lui: “‘n Geestestoestand waar jy jou eie ras of volk haat vir een of ander rede, maar jy haat jouself nie want jy het nie gekies om deel van die ras of volk te wees nie”.
Daar is talle voorbeelde in Suid Afrika daarvan. Van De Klerk, Max du Preez, liberale snotkoppe soos Sloet de Villiers en die nuutste EFF-dametjies tot die Afrikaanse betoger voor Overvaal se hekke; Carina Papenfus met haar Flippie-saga. Aan die ander kant van die spektrum het jy die swart Afrikaan soos Michael Jackson en talle SA tieners wat weer alles nastreef wat Europees is en hulle eie kultuur haat.
Robin Nicole Johnson, ‘n kenner, reken dat dit ironies genoeg ‘n bewustelike en onbewustelike rassisme van stereotipes is wat aanleiding gee daartoe. Johnson verkies “internalized racism”, maar gee toe dit is meer beskrywend van die toestand self as wat dit ‘n term is. Suzanne Lipsky en Tauney Banks bespreek dit meer vanuit die swarte se hoek (terloops, het JM Coetzee se boek sy titel te danke aan Banks se “A darker side of pale?”.
Die navorsers vind dat baie swart mense “wit” onbewustelik assosieer met mooi en “swart” met boos. Vals haarstukke, velbleikers, diete en moderne Europese klere is die gevolg. Malema mag homself sien as “Afrika-nasionalis”, maar die Europese bybehore van BMW’s, Gucci en Michel Herbelin MOET hy paradeer by elke geleentheid. Helen Zille mag ‘n universiteitsprofessor se eggenote wees, maar haar tekkies, geblomde rok, kopdoek en danspassies MOET sy paradeer by elke geleentheid.
Dit is miskien die navorser Nadra Kareem Nittle wat die naaste kom aan die waarheid – dat dit ‘n probleem van minderheid/meerderheid is. Die lyer wil so graag aanvaarbaar wees dat Chinese selfs sal gaan vir ooglid operasies, vir die Afrikaan haarstukke en “straighteners” en die witte sal vertel hoe hy “maar altyd teen Apartheid was” (“Party van my beste vriende is swart”.) Party mense neem dit selfs tot die absurde, soos die gholfspeler Tiger Woods wat homself ‘n Cablinasian noem en homself omring met die stereotipe van wit blondines. (A la Kenny Kunene, Malema, Springbok kwotarugbyspelers). Kan ons FW de Klerk se aangenome seun verkwalik vir sy eskapades as hy bewustelik en onbewustelik opgegroei het met sekere idees? Vanselfsprekend sal daar in Suid Afrika, met ras sentraal in ons politiek oor eeue, meer gevalle wees as in Europa wat nou maar eers aan die begin daarvan staan. Kyk gerus die polemiek oor “Zwarte Piet” wat in Nederland losgebars het.
In dieselfde kategorie val iemand soos Arthur Trebitchsh wat as ‘n Jood een van die Nazis se grootste propagandiste was; Carl Niehaus wat aktief was teen sy eie volk; en selfs hedendaagse agente uit eie geledere.
Die naaste toestand daaraan is wel “misantropie” uit die ou Griekse taal, wat iemand beteken wat onsosiaal is en ‘n haat koester teen ander mense.
Net soos die navorsers glo ek ook dat dit nie spruit uit ‘n liberale sienswyse nie, maar dat die toestand wel aanklank vind by die liberaal juis oor die “bewys” wat dit lewer. Die navorsers, self uit liberale kring, wys dat die rand-eier later ‘n probleem vir beide groepe word (ons in Suid Afrika kan dit bevestig met John Philips, De Klerk, Koornhof, Zille, Niehaus, Du Preez, Metcalfe en Van Schalkwyk) omdat dit nie spruit uit beginsel nie, maar uit ‘n sielkundige toestand. Die dilemma is dat dit altyd te laat ontdek word soos by Michael Jackson, Tiger Woods en OJ Simpson.
Intussen juig almal die pan-Afrika aktivis met sy gebleikte vel, haarstukke en westerse mode-aanhangsels toe asof dit normaal is. Party word selfs leiers van politieke partye soos die DA. Sommiges poseer selfs as “rasionale” rubriekskrywers vir Media24 en as televisiepersoonlikhede.
“Normaal” is maar net ‘n perspektief en stereotipe, maar hoe verder jy afdwaal van die perspektief “normaal”, hoe abnormaler word jy.