Vreemde haat teen Afrikaans as taal

AFRIKAANS: KAN IEMAND SO HAAT?
Hannes Engelbrecht
“A language which will make any modest woman blush”.
Nooit in die geskiedenis is enige ander taal so aktief gehaat en ondermyn as Afrikaans nie. Daar was baie konflikte oor godsdiens, ideologie en grondgebied, maar taal, soos in België en Kanada, was nog altyd redelik intellektueel benader as daar konflik kom. Vanwaar dan die aktiewe, haatdraende veldtog teen Afrikaans?
‘n Vinnige soektog op die internet laat ‘n mens stom oor die afbrekende, spoegende houding teenoor Afrikaans, nie net uit Afrika-geledere nie, maar ook uit liberale en eie geledere. Om Afrikaans by te kom is mode. Om die mode te verbloem vir wat dit eintlik is (taal-haat) word allerhande argumente soos Afrikaner-nasionalisme, Apartheid en volkskap te betrek asof die gifsaaiers self besef dat hulle besig is met ‘n internasionaal en sosiaal onaanvaarbare veldtog teen ‘n taal.
Mense soos Mariana Kriel van NMMU se se artikels drup van gif teen Afrikaans onder die dekmantel van “Afrikaner-nasionalisme”. Met haar talle anderskleurige en anderstalige medewerkers het sy al selfs die ASEN/Dominique-Berdal Prys in 2008/9 gewen met haar artikels oor aktiviste se stryd buite die Parlement om Afrikaanse taal- en kultuurbewegings te stig en in stand te hou.
Ene Kaylie Abrahamse se galbrakery in haar honneursskripsie het haar sommer ‘n cum laude-toekenning en bespreking op LitNet besorg. Sy lamenteer lammerig en met ‘n tikkie leedvermaak oor die verval van Afrikaans as ‘n “handelsnaam”/brand. Sy gooi dit weer oor die boei van nostalgie van ‘n vergange tyd.
Natuurlik word die argument dan aangevoer dat die Engelssprekende makliker aangepas het by die multikulturele Suid Afrika en sy haal Tim du Plessis se geykte en vals-hoop uitspraak van 2002 aan dat “Afrikaners het almal emigreer – na die nuwe Suid Afrika”. Selfs Carel Boshoff van Orania se mening dat Afrikaners maar voortploeter tussen nostalgie en opportunisme kry ‘n ereplekkie by Abrahamse. Ook Kuper reken in 2013 dat Afriakenrs hulleself sien as Suid Afrikaners en hulleself nie meer verbonde ag aan Afrikaans of hul kultuur nie.
Kuper en Abrahamse kom tot die gevolgtrekking dat Afrikaners wat nog Afrikaans praat in handelsbemarking dus die beste bereik kan word deur nostalgie. Dit sluit natuurlik aan by Leon Louw van die Vryemarkstigting en sy sestig mede-Dakargangers van 1987 se uitgangspunt van “Suid Afrikaner eerste, daarna Afrikaner”; overgeset synde “Engels eerste, daarna Afrikaans”.
Afrikaans as ‘n taal is, nes die Afrikaner as etniese groep en nasionalisme as ideologie, die vyand van die multikulturele eenheidstaat. Die vyand wat aktief aangeval en vernietig moet word in alle sosiale en politieke strukture. Byna 24 jaar na 1994 kry ons dus steeds skreeuende universiteitsmassas, Malemas, Zumas en meer meer as 100 diskriminerende maatreels om die kulturele identiteit van die Afrikaner, wat seker maklik 80% gebou is op Afrikaans as taal, af te breek.
Die oningeligte Afrikaanssprekende praat nog flouerig van “solank ons Afrikaans praat sal dit nie uitsterf nie”, want aan taalbemagtiging in staatsinstellings, universiteite, die regstelsel en uitvoerende kunste het hy/sy geen begrip of kennis nie. Die naiewe kanonvoer soos De Klerk, Theuns Eloff, Van Zyl Slabbert en Andre P Brink met verloopte organisasies soos die ATKV, Handelsinstituut, AgriSA en selfs Solidariteit/Afriforum skop nog effens teen die prikkels asof hulle hul aandeel in die vernietiging van die Afrikaner se kulturele identiteit en Afrikaans as taal wil probeer verbloem. As jy kyk na die onverkwiklike stryd en ongenaakbare geveg in die ANC tussen Mbeki en Zuma en nou Zuma en Ramaphosa kan ‘n mens net jou hande saamslaan oor hoe hierdie naiewes en politiek-korrektes gedink het hulle kan meeding of toenadering soek met Afrika.
By Stellenbosch se Wim de Villiers, die Puk se Wannie Carstens (Taalraad) en Theuns Eloff, Spur se Pierre van Tonder, ISS se Burger en Opperman se Erfenisstigting is daar nog steeds die lamlendiges wat tog net nie wil aanstoot gee nie; wat tog net politiek-korrek wil wees sonder om in hulle naiewiteit te dink dat hulle totaal buite hulle gewigsgrens baklei teen ongenaakbare opponente. Vir andere soos Koos Bekker, Ton Vosloo en Esmarie Weidemann van Naspers/Media24, Christo Wiese van Shoprite en sy Steinhoff-aanhangsels en Johan Rupert het naiewiteit en politiek-korrektheid niks met die saak uit te waai nie: Afrikaans kan maar gaan solank ons gierigheid en geldsug bevredig word.
Terwyl die verlooptes, liberales, anderskleuriges en anderstaliges dus OOR ons taal praat en nie MET ons nie; terwyl hulle aktief teen Afrikaans agiteer kan ons nie anders as om ook ons planne te beraam nie. By Front Nasionaal weet ons dat die agitators teen Afrikaans en Afrikanerskap soos in die ou Europese veldslagte die kinders en vroue (die politiek-korrektes) as ‘n skild sal gebruik in die voorste linies in die hoop dat jy nie sal skiet nie.
Net soos in 1902, 1914, 1935 en 1961 sal ons ‘n bewuste besluit moet neem: ons skiet! As die politiek-korrekte skild moet sneuwel sodat ons by die vyand kan uitkom is dit maar een van die ongevalle van die stryd.
Afrikanerhaat en Afrikaanshaat is onnatuurlik, dis internasionaal onaanvaarbaar as sosiale gedrag dat ‘n haatveldtog teen ‘n taal gevoer word. Die witvlagswaaiers is deel van die probleem en nie deel van die oplossing nie. Volgens Abrahamse en Kuper word ons gedryf deur nostalgie as bemarkingsinstrument – laat ons dan ons nostalgiese volksbewussyn gebruik om die vyand en hulle politiek-korrekte skilde ook ekonomies af te breek waar dit seer maak.
Front Nasionaal vra geen verskoning vir enige boikotaksie teen Spur, Huisgenoot, ATKV of Jakaranda nie. Elke stryd het sy ongevalle.